Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Prosa & poësie » Gedig uit "Die Nomadiese Oomblik" deur CHARL-PIERRE NAUDE
Gedig uit "Die Nomadiese Oomblik" deur CHARL-PIERRE NAUDE [boodskap #59145] So, 24 Maart 2002 00:53
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Gedig uit "Die Nomadiese Oomblik"
Charl-Pierre Naude

Pyn is nie nodig of onnodig nie
maar mooi en hoef dus nie te bestaan nie.
Die tande is self 'n blom wat in die skaam
of teer oomblik bloei, skitterend uit die dode

opstaan en pryk soos alle blomme. Pyn, O Heer
is heer-lik, vandaar ook U Bestaan. U Hande
se ongelyke skaal. Pyn styg uit rotswande
van die gees soos 'n dampkring wat die weer

bepaal - kunsstorm wat die kloutjie perlemoer
van angs loswikkel, die sirokko van geloof
en liefde uit hul gate jaag - , styg bo die vloer
van die Miks en syg dan neer om weer op die stoof

van die aarde te verdamp. Die bot, steurende
halfbegrip van Pyn : skoonheid detonerende!
Vorige onderwerp: Tom Gouws en Guido Gezelle
Volgende onderwerp: Uit "Die Joernaal van Jorik" deur D.J. OPPERMAN
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Mei 11 05:08:43 MGT 2024